Amerikaanse ambassadeur in SA sê daar’s geen druk om Putin te arresteer nieApril 27, 2023
Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, sê sy land plaas geen druk op Suid-Afrika om die Russiese President, Vladimir Putin, in hegtenis te neem nie. Dit kom voor Putin se verwagte deelname aan die 15de BRICS-beraad in Suid-Afrika. Die Internasionale Strafhof het ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik weens bewerings van menseregtevergrype en Rusland se inval in Oekraïne. Brigety het na ‘n lesing by die Universiteit van KwaZulu-Natal beklemtoon Amerika is daartoe verbind om Suid-Afrika te ondersteun: