EU teiken twee ISIS-Mosambiek leiers met sanksies

Die raad van die Europese Unie het ISIS-Mosambiek en twee van sy leiers onder geteikende sanksies geplaas. Die raad het meer maatreëls ingestel om die opstand in die olie-gasryke Cabo Delgado-provinsie teen te werk. Abu Yasir Hassan, gebore in Tanzanië, en Bonomade Machude Omar – wat in Cabo Delgado, Mosambiek gebore is – is deur die EU se blok van 27 lede uitgesonder as verantwoordelik vir terreuraanvalle en ernstige menseregtevergrype. Tot dusver is vyf groepe en vyf individue tans onderhewig aan ‘n batebevriesings en ‘n reisverbod. Daarbenewens is dit verbied vir EU-individue en -operateurs om die gesanksioneerde individue en groepe van finansiële of ekonomiese hulpbronne te voorsien.