Netumbo gee toe, daar is nog baie uitdagings vir Swapo
Die adjunk-president van die Swapo Party Netumbo Nandi-Ndaitwah sê die party en regering het verskeie uitdagings sedert onafhanklikheid in 1990 gehad, waar onder droogtes, vloede en ekonomiese insinkings. Die party het volgens sy adjunk-president verskeie suksesse bereik, maar sy erken daar is verskeie sektore wat nog verbeter moet word. Nandi-Ndaitwah sê ondanks al die uitdagings oor die jare heen het niemand nog onder Swapo weens honger gesterf nie.