Landbou se prestasie is wisselvallig

Agribank sê landbou het in 2022 met 2,6 persent gegroei, wat baie beter vertoon as die 1,3 persent wat in 2021 aangeteken is, maar, as gevolg van die swak reënseisoen en voorspellings vir El Nino vanjaar, sal groei gedemp bly. Die bank sê die veesektor het beter presteer maar, dat gewasproduksie met 4,5 persent verlede jaar gegroei het, minder as die 5,5 persent wat in 2021 aangeteken is. Die bank voorspel dat groei verder sal afneem as gevolg van die dreigende droogte toestande.