BoN, ACC maak saam met Nampol op Interpol-kommunikasie
‘n Memorandum van Verstandhouding sal vanoggend om nege-uur tussen die Namibiese polisie, die Bank van Namibië en die Teenkorrupsie-kommissie onderteken word in verband met Interpol se kommunikasie-stelsel, bekend as I-24/7. Die globale stelsel plaas Namibië in verbinding met 195 lande om inligting oor kriminele en misdade op ‘n 24-uur basis te kan deel en ontvang. Die sentrale bank se rol in die ooreenkoms sluit aan by die Finansiële Intelligensie-sentrum wat finansiële misdade kan monitor. Die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo, die direkteur-generaal van die kommissie Paulus Noa en die waarnemende hoof van die intelligensie-sentrum Zenobia Barry sal die ooreenkoms teken.