Volksmoord-herdenking het heling gebringApril 24, 2023

Die Volksmoord-herdenkingsdag in Lüderitz by Shark-eiland word beskryf as ‘n dag van heling. Die geleentheid is deur die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Nama Tradisionele Leiersvereniging aangebied. ‘n Gedenksteen ter nagedagtenis aan die slagoffers is ook op Shark-eiland opgerig wat ‘n konsentrasiekamp van die Duitse volksmoord tussen 1904 en 1908 was. Kosmos 94.1 Nuus het met Sima Luipert, ‘n lid van die tegniese komitee van die Nama Tradisionele Leiersvereniging, gesels oor hoe die geleentheid verloop het.