Tien-jarige seun vir byna ‘n week vermis ná hy bok moes soek
’n Tien-jarige seun wat vir byna ’n week in die Oshikoto-streek vermis was, het veilig teruggekeer huis toe. Die seun het verlede Maandag uit die Onakasino-nedersetting vermis geraak nadat sy pa hom opdrag gegee het om nie terug te keer huis toe nie totdat hy ‘n bok gevind het wat hy vroeër die dag verloor het. Die vermiste seun het laat Saterdagaand by die huis aangekom, terwyl die verlore bok al verlede Dinsdag op sy eie teruggekeer het. Die Namibiese polisie in die streek het die pa aangeraai om die seun môre vir berading te neem.