Kenners maan teen gebruik van onveilige plaagdoders
Net soos in Namibië, waarsku kenners Suid-Afrikaners om versigtig te wees en om nie net enige plaagdoder wat hulle op straat of aanlyn koop, in hul huise te gebruik nie. Met die uitbreking van ‘n kakkerlak-plaag, grootliks gedryf deur “Duitse kokkerotte”, in veral die Wes-Kaap en Gauteng, is daar ook ‘n drastiese toename in die gebruik van onveilige en onbekende plaagdoders opgemerk. Owerhede waarsku dat dié ongeregistreerde plaagdoders gevaarlik is en meer skade as goed kan doen. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt…