Kabinet verleng droogtehulp-program in sekere strekeApril 20, 2023
Met die dreigende droogte-situasie as gevolg van te min en sporadiese reënval wat in Namibië ontvang word, is die kantoor van eerste minister deur die kabinet opdrag gegee om die droogtehulp-program in die Kunene-streek en dele van Erongo-streek en Omusati-streek van 1 April 2023 tot 30 Mei 2024, te verleng. Die program beloop 121 miljoen Namibiese dollar. Dit is vandag deur die inligtingsminister Peya Mushelenga, gesê tydens die aankondiging van die kabinetsbeslissings.