VN dreig hy sal uit Afghanistan onttrek

Die Verenigde Nasies het gewaarsku hulle sal volgende maand uit Afghanistan onttrek indien die Taliban nie oortuig kan word dat vroue vir die organisasie werk nie. Die Taliban het vroue se vryhede toenemend beperk sedert hulle in 2021 mag oorgeneem het. Die VN-sending is uitgesluit van ‘n vorige verbod in Desember wat alle nieregerings-organisasies verbied om enige vroulike personeel in diens te hê tensy hulle gesondheidswerkers is. ‘n Woordvoerder van die VN, Achim Steiner, sê hierdie besluit sal tweederdes van die bevolking raak wat humanitêre hulp nodig het.