Tesourie sê Eskom moet sy huis in orde kryApril 19, 2023

Eskom verwelkom die Tesourie se besluit om finansiële steun vir die volgende drie jaar te onttrek. Die Tesourie het tydens ʼn voorlegging aan die parlement oor die Wetsontwerp oor Skuldverligting van die kragnutsmaatskappy, ʼn beroep op Eskom gedoen om sy huis in orde te kry en sy afgeleefde kragstasies met sy eie geld reg te ruk. Die tussentydse hoof finansiële beampte van die nutsmaatskappy, Martin Buys, sê die besluit is verwag en dit bied aan Eskom die geleentheid om beter te beplan.