Sokker: Noorse aanhangers help Bafana Bafana-doelwagter
Sokker: Aanhangers in Noorweë het hul harte oopgemaak om ‘n voormalige doelwagter van Bafana Bafana en Wits, Emile Baron, te help. Die 43-jarige het tot 2004 ook vir die Noorse klub, Lillestrøm gespeel. Hy voer glo ʼn armoedige bestaan in Suid-Afrika en het reeds vier keer probeer om sy eie lewe te neem. Twee berigte op ‘n Noorse televisiekanaal het aanhangers aangespoor om byna twee miljoen Suid-Afrikaanse rand vir Baron in te samel. Hy was meesal werkloos sedert hy 10 jaar gelede sy been tydens ‘n Premierliga-wedstryd vir Wits, gebreek het.