Geingob vat groot afvaardiging SA toe
President Hage Geingob het vandag van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako vertrek vir ‘n driedaagse Suid-Afrikaanse staatsbesoek. Geingob en President Cyril Ramaphosa sal bilaterale kwessies bespreek, insluitend die Oranjerivier-grenskwessie, asook die Suider-Afrikaanse Doeane-unie. Handels- en beleggingsgeleenthede en potensiële van samewerking op die gebied van energie sal geïdentifiseer word die klem op die groenwaterstof-, olie- en en gassektore. Geingob se afvaardiging bestaan uit die ministers van binnelandse sake, dr. Albert Kawana, landbou Calle Schlettwein, myne en energie Tom Alweendo, justisie, Yvonne Dausab en omgewing, Pohamba Shifeta, asook die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, Obeth Kandjoze.