Kommissie ondersoek gedrag van NamPower, MTC en TelecomMarch 1, 2023

Die Namibiese Mededingingskommissie ondersoek ‘n moontlike eksklusiewe drieparty-ooreenkoms wat op 1 Junie 2012 deur NamPower, Telecom Namibia en MTC aangegaan is vir die huur en gebruik van NamPower se donker optiese vesel-infrastruktuur. Die kommissie sê hy wil vasstel of daar anti-mededingende elemente in die ooreenkoms is. Die kommissie se woordvoerder, Dina //Gowases het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.