Esau is in privaathospitaal opgeneemMarch 1, 2023
Fishrot-beskuldigde en voormalige visseryminister Bernhardt Esau is in ‘n privaathospitaal in die hoofstad opgeneem. Volgens wat berig word, is hy laat Dinsdagaand afgevoer. Dit kom na sy borgaansoek Dinsdagoggend in die hoërhof in Windhoek uitgestel is weens kommer oor sy gesondheid. Hy was lusteloos en verswak. Sy prokureur, wat uit goeie guns vir hom optree, Florian Beukes sê hy kon nie behoorlike instruksies gee nie. Die saak is deur regter David Munsu uitgestel tot vanoggend om tien-uur. Esau se medebeskuldigde, Nigel van Wyk, doen ook aansoek om borg.