Die Oekraïne sal ‘n lid van Navo word – StoltenbergMarch 1, 2023

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie sê die Oekraïne sal op lang termyn ‘n lid van die alliansie word. Oekraïne het jare lank probeer om by die VSA-geleide militêre alliansie aan te sluit. Dit het ook dae ná die Russiese inval aansoek gedoen om lidmaatskap van die Europese Unie, en het in Junie verlede jaar kandidaatstatus verkry. Navo se hoof, Jens Stoltenberg, sê wat belangrik is, is dat Oekraïne as ‘n soewereine onafhanklike nasie kan seëvier: