Kapings in Kaapstad neem toeFebruary 28, 2023
Die Stad Kaapstad sê hy is bekommerd omdat kapings in dié stad blykbaar toeneem. In die jongste voorval het drie verdagtes probeer om ‘n blou VW Golf-luikrug by ‘n groot openbare kruising te kaap. Beamptes kon egter die kaping fnuik nadat die voertuig se bestuurder hulle aandag getrek het. Een verdagte is in hegtenis geneem. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die stad se weeklikse wetstoepassingspogings toon week na week ‘n bestendige koers vir inhegtenisnemings omdat beamptes paaie en gemeenskappe patrolleer: