Erwe, behuising op Walvisbaai in die nuus, nog petisies oorhandigFebruary 28, 2023

Die goewerneur van die Erongo-streek het sy reaksie gegee op ‘n groep inwoners van Walvisbaai wat bekend staan as die Backyard Tenants. Hulle het ‘n petisie aan die dorpsraad oorhandig om ongedienste grond toe te ken aan diegene wat erwe op eie koste wil ontwikkel by Uitbreiding 7. Uitbreiding 7 in Narraville was bedoel vir ‘n nuwe begraafplaas, maar die groep sê die begraafplaas kan na Plaas 37, sowat 10 kilometer buite die hawedorp, geskuif word. Plaas 37 is jare gelede geïdentifiseer as ‘n oplossing vir die behuisings-agterstand in Walvisbaai. Die groep sê die raad moet ‘n besluit neem voor 17 Maart. Die Erongo-goewerneur Neville Andre sê aan Kosmos 94.1 Nuus inwoners kan met voorstelle indien soos dié om die erwe op hul eie koste te ontwikkel, maar dit moet met owerhede beraadslaag word.