Stad Tshwane ervaar erge kragonderbrekings weens gure weer

Die Stad Tshwane sê hy ervaar ‘n groot agterstand in die aandag wat hy moet gee aan kragonderbrekings in die metro. Dit is weens gure weerstoestande die afgelope paar dae. Die stad se tegnici kon nie aan elektriese kabels werk in die reën nie. Die woordvoerder, Lindela Mashigo, sê die uitdaging word vererger deur langdurige beurtkrag wat dit uiters moeilik maak vir spanne om in die donker te werk, veral aan die oorhoofse lyne.