E-tolhekke binnekort afgeskakel

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sê die afskakeling van die e-tolhekke in die provinsie is ‘n stap nader aan afhandeling. Hy het die aankondiging tydens sy eerste provinsiale rede gedoen. E-tol sou aanvanklik in Desember geskrap word, maar die provinsie kon nie die sperdatum haal nie omdat sekere punte in die ooreenkoms tussen die nasionale en provinsiale regering nog uitgeklaar moes word. Lesufi sê e-tol is nou finaal geskrap: