Eenstopgrenspos onder van die nuwe wetsontwerpe vir SA

Die Suid-Afrikaanse kabinet het toestemming verleen vir die publikasie van twee wetsontwerpe vir openbare kommentaar. Die minister van Binnelandse Sake Aaron Motsoaledi sê die eerste een is die Wetsontwerp op Nasionale Identifikasie en Registrasie van 2022 wat ten doel het om ‘n geïntegreerde digitale nasionale identifikasiestelsel in te stel.  Die tweede is die Wetsontwerp op ‘n Eenstopgrenspos wat dit makliker maak vir mense en goedere om oor die land se grense te beweeg: