Wes-Kaapse taxiraad gaan voort met wegbly-optredeFebruary 18, 2023
Die taxiraad Santaco in die Wes-Kaap gaan Woensdag voort met ‘n wegbly-optrede uit verset teen minibustaxi’s wat vir geringe verkeersoortredings geskut word. Die liggaam wil ook hê die marginalisering van die bedryf met die uitreiking van bedryfslisensies, moet end kry. Operateurs is ook ongelukkig omdat die provinsiale regering die Golden Arrow-busdiens toelaat om die B97-roete te gebruik. Santaco het sy lede gevra om hulle van enige gewelddadige of afbrekende gedrag te weerhou.