SA-presidensie moet gemonitor word

Die African Transformation Movement het ‘n beroep gedoen vir die instelling van ‘n nuwe portefeuljekomitee om toesig te hou oor eenhede, gesante en besteding in die Presidensie wat nie gemonitor word nie. Volgens die party spring hierdie eenhede, wat regstreeks aan die president verslag doen, ondersoeke deur die parlement en die ouditeur-generaal vry. Die woordvoerder, Zama Ntshona, sê die versoek is in ooreenstemming met ‘n aanbeveling van die Zondo-kommissie en sal aanspreeklikheid bied vir die besteding van miljoene rand van belastingbetalers se geld: