Deursigtigheid nodig vir vloedfondse

‘n Namibiese navorser het sy reaksie gegee op die kabinet wat 72 miljoen Namibiese dollar vir die vloede in die noorde van Namibië in die streke van Ohangewena, Oshana en Omusati goedgekeur het. Voedselhulp vir geraakte gemeenskappe is vir sestien maande tot die volgende oeste goedgekeur. Die kantoor van die eerste minister se direktoraat van ramprisiko-bestuur monitor die impak van die vloede en in beheer van die koördinering. Christie Keulder, ‘n navorser by Survey Warehouse, praat met Kosmos 94.1 Nuus oor die kwessie van deursigtigheid sover dit openbare fondse betref, wat bedoel is vir openbare ontwikkeling en gewoonlik in verkeerde sakke beland.