19-jarige skieter sê hy is jammer

Peyton Gendron, 19 jaar oud, wat verlede jaar in Mei tien mense in Buffalo, New York doodgeskiet het omdat hulle swart is, is lewenslank tronk toe gestuur, sonder enige opsie vir parool. Hy het skuldig op die klagtes teen hom gepleit maar moet nog federaal vervolg word. Gendron het die skietery gestroom op sy sosiale media platforms. Hy het net voor hy gevonnis is, om verskoning gevra en sê hy kan nie glo dat hy dit gedoen het nie.