Werwingsproses van noodsaaklike gesondheidswerkers duur voort
Die Namibiese gesondheidsministerie sê hy gaan voort met sy werwingsproses vir noodsaaklike gesondheidswerkers. Volgens ‘n mediaverklaring van die ministerie is tussen Augustus 2022 en Februarie vanjaar 715 professionele gesondheidswerkers gewerf, asook 350 professionele interns, 13 omgewings-gesondheidswerkers en twee ingenieurs wat in al 14 streke van die land ontplooi is. Altesaam 550 verpleegsters en 79 mediese beamptes sal gewerf word. Die ministerie sê die meerderheid is jong Namibiërs.