Navo sê Rusland, China verskerp waarnemings
China en Rusland is besig om hulle intelligensie- en waarnemingsbedrywighede teen bondgenote van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie te verskerp. Hierdie waarskuwing kom van Navo se hoofsekretaris, Jens Stoltenberg. Hy het in Brussel gepraat in aanloop tot vandag se vergadering van Navo-ministers van Verdediging, wat die lewering van militêre hulp aan Oekraïne in sy oorlog met Rusland gaan bespreek. Stoltenberg sê hulle beplan om ‘n nuwe virtuele netwerk te skep wat inligting van siviele en militêre satelliete vir ondersoekdoeleindes sal gebruik: