Mango stel regstappe teen Gordhan in
Die Mango-lugredery se sakereddingspraktisyn, Sipho Sono, het regstappe teen die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, ingestel om hom te dwing om ‘n besluit te neem oor die voorgestelde verkoop van die lugdiens. ‘n Verhoor word teen die einde van die maand verwag. Sono beweer Gordhan se vertragings verhinder die instel van ‘n goedgekeurde sake-reddingsplan waarin ‘n belegger reeds geïdentifiseer is.