Beter vuurwapenbeheer vir Gautengse polisie geëis 

Die Vryheidsfront Plus in Gauteng doen ‘n beroep op premier Panyaza Lesufi om te fokus op die verbetering van vuurwapenbeheer onder polisielede wat gereeld hul vuurwapens verlê. Die VF Plus het die kwessie rondom gesteelde vuurwapens vanuit polisie-stoorplekke en polisiestasies uitgewys. In Februarie verlede jaar is 175 vuurwapens by die Norwood-polisiestasie gesteel. Kobus Hoffman van die party glo streng toepassing van vuurwapenwetgewing en voldoende hulpbronne vir wetstoepassingsbeamptes kan help om misdaad in die provinsie doeltreffend aan te pak.