Markondersoek om 3 groenskemas te bemark – SchlettweinFebruary 13, 2023

Die landouministerie gaan weer die Katima Liselo, Tandjieskoppe en Zone groenskemas adverteer. Calle Schlettwein, minister van landbou, sê die ministerie sal verdere marksondersoek instel om hierdie projekte beter aan potensiële beleggers te adverteer. Die aanbiedinge vir die Ndonga Linena groenskema-besproeiingsprojek en die Oranjerivier-besproeiingsprojek word geëvalueer, terwyl die Uvhungu Vhungu-suiwelprojek suksesvol aan ‘n Namibies-Indiese gesamentlike onderneming verhuur is. Kosmos 94.1 Nuus gesels met ministeriële woordvoerder Jona Musheko.