Landbou kry nie genoeg bystand nie
Die DA sê hy dring aan dat die parlementêre portefeuljekomitee vir Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling met Eskom en minister Thoko Didiza beraadslaag oor spesifieke planne vir die landbousektor. Boere staar die afgelope tyd ‘n krisis in die gesig wat ‘n regstreekse bedreiging is vir voedselsekerheid en landbou se volhoubaarheid in hierdie land. ‘n DA-woordvoerder, Noko Masipa, sê baie boere in die besproeiingstreek in die Noord-Kaap en dele van die Wes-Kaap kan weens kragonderbrekings nie hulle plase besproei nie: