Brics kan SA-boere help, veral met invoertarieweFebruary 13, 2023
Suid-Afrika se betrokkenheid by Brics, wat in beginsel ‘n politieke groepering en nie ‘n handelsblok is nie, behoort egter geleentheid te bied om te onderhandel vir laer heffings op voedsel-, vesel- en drankprodukte. Dit is die mening van die Suid-Afrikaanse landbousakekamer, Agbiz se hoofekonoom, Wandile Sihlobo. Suid-Afrika het vanjaar die Brics-lande se voorsitterskap by China oorgeneem. Sihlobo sê Suid-Afrikaanse verteenwoordigers moet voortgaan om hulle te beywer vir laer invoertariewe op landbouprodukte, veral uit Indië en China.