Miljoene se bystand, ramptoestand na Gabrielle Nieu-Seeland teister

Die Nieu-Seelandse eerste minister, Chris Hipkins, het  ‘n bykomende 206,13 miljoen Namibiese dollar as hulpbefondsing aangekondig nadat sikloon Gabrielle die noorde van die land getref en sowat 46 000 huise sonder elektrisiteit gelaat het. ‘n Noodtoestand is afgekondig in vyf noordelike streke, insluitend Auckland waar vier mense gesterf het. Hipkins waarsku sake sal waarskynlik vererger voor dit verbeter, aangesien nog swaar reën verwag word. Die sikloon is die tweede belangrike weerstoestand wat Auckland en die Noord-Eiland in net ‘n paar weke getref het.