Sluiting van Mitchell’s Plein poskantoor sal duisende raak

Die Kaapstad burgemeester, Geordin Hill-Lewis sê hy sal dringend met die Wes Kaapse bestuur van die SA Poskantoor vergader, na die nuus dat al die poskantoor se takke in Mitchell’s Plein permanent gesluit sal word. Die poskantoor het reed in Julie verlede jaar 144 takke in die buurland gesluit as gevolg van onwinsgewendheid en misdaad. Die sluiting sal beteken dat duisende inwoners op die Kaapse Vlakte nou na ander dele van die Stad sal moet reis om hul maandelikse maatskaplike toelae te ontvang. Kosmos se Kaapse korrespondent Fritz Platt doen verslag.