Versigtig vir buitelandse beleggings – BotswanaFebruary 10, 2023
Afrika-regerings moet versigtig wees vir die risiko’s wat geskep word deur toenemende wêreldwye mededinging vir die vasteland se minerale. Dit is volgens Botswana se minister van myne Lefoko Moagi. Hy sê hulle kom in, vat alles wat hulle wil hê en gaan. In sy mening, as ‘n land produksie wil aanjaag omdat daar geld is, begin jy kompromieë aangaan oor hoe wetgewing gemaak word, wat in die omgewing toelaat word en hoe gemeenskappe geraadpleeg word. Botswana hersien sy myn- en mineralewetgewing om wette oor byvoorbeeld mynrehabilitasie te verskerp. Mynbou is verantwoordelik vir ongeveer ‘n vyfde van Botswana se BBP en 80 persent van uitvoerverdienste, met diamante wat die grootste bydraer is.