Zoom se baas sny salaris, sê foute is syne
Die hoof uitvoerende beampte van Zoom sal sy salaris met 98 persent sny nadat hy 1 300 werkers afgedank het. Eric Yuan sê Zoom het te veel mense tydens die pandemie aangestel. Hy sê hy is aanspreeklik vir die fout en daarom sny hy sy salaris en doen afstand van sy korporatiewe bonus vanjaar. Dit sal Yuan se salaris afbring tot 10 000 Amerikaanse dollar maandeliks. Verlede jaar het hy 300 000 Amerikaanse dollar maandeliks verdien.