Sunak bevestig bystand vir Turkye, Sirië

Die Britse eerste minister, Rishi Sunak, het bevestig ‘n vliegtuig met 77 soek-en-reddingspesialiste, ‘n mediese noodspan, toerusting en vier snuffelhonde, het in Turkye aangekom ná Maandag se verwoestende aardbewings. Die dodetal in die land en die naburige Sirië staan tans op byna ses-duisend. Sunak sê die span sal ‘n volledige beoordeling van die situasie doen. Hy sê die Verenigde Koninkryk bied onmiddellik die ondersteuning wat die Turkse regering versoek en gaan voort om die situasie te evalueer: