Joodse Raad vies oor kansellasie van uitnodiging aan Joodse span

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad veroordeel SA Rugby se besluit om ʼn uitnodiging aan ‘n Israeliese rugbyspan om in die land te kom speel terug te trek. SA Rugby het Vrydag verlede week hul besluit aangekondig om ‘n uitnodiging aan die rugbyspan Tel Aviv Heat, wat in die nuut aangekondigde Mzansi Challenge sou speel, terug te trek. SA Rugby sê hulle het geluister na die menings van belangrike belangegroepe en het die besluit geneem om die waarskynlikheid te vermy dat die kompetisie ‘n bron van verdeeldheid word. Die SA Joodse Raad beskryf die besluit as skandelik en ʼn verleentheid.