Beleggers kan nie net bronne uithaal nie, daar’s meer, sê Alweendo

Die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo het dit duidelik gemaak dat beleggers in Namibië se mynwese nie net bronne kan ontgin nie. Hy sê die toekoms van die mynbedyf word al hoe meer beïnvloed deur omgewings oorwegings, maatskaplike bydraes en goeie bestuur. Die Namibiese regering vind dit uiters belangrik vir beleggers om vennootskappe te vorm en deel van die gemeenskappe, waar hulle bedrywig is, te word. Alweendo het die aanmerkings by die mynwese indaba wat tans in Kaapstad aan die gang is, gemaak. Hy sê dat in ruil vir toegang tot minerale bronne, is dit net regverdig dat die regering meer betrokkenheid, sameweking en die deel van gesamentlike waardes by belggers te eis om myn-gemeenskappe te beskerm, sowel as hulle omgewings belange, maatskaplike uitdagings en ekonomiese belange.