Honderde dood, beseer in Turkse aardbewing
Meer as 200 mense is dood in ‘n aardbewing van 7,8 wat Noord-Sirië en die suide van Turkye in die vroeë oggendure getref het. In Turkye is minstens 76 mense dood en meer as 440 beseer, terwyl minstens 111 mense in Sirië gesterf het en ongeveer 500 beseer is. Die skudding is ook in Libanon en Ciprus gevoel. Amptenare verwag die dodetal sal styg namate reddingswerkers vorder met soek-en-reddingsoperasies. Volgens berigte is baie mense vasgekeer onder die puin van geboue. Turkye net nou ‘n noodtoestand afgekondig.