Vloedtoestande duur vir 3de dag voort in Nieu-Seeland
Nieu-Seeland se dodetal weens swaar reën het vandag tot vier gestyg met kitsvloede en grondverskuiwings wat vir die derde dag voortgeduur het. Auckland, Nieu-Seeland se grootste stad, is sedert Vrydag onder ‘n noodtoestand. Die land se MetService waarsku teen nog strawwe weer vandag en môre. Groot dele van die land se noordeiland is onder water.