Walvis-dwelmhandelaars vra vandag vir verlof om te appelleer
Die twee veroordeelde dwelmhandelaars Grant Noble en Dinath Azhar sal vandag om verlof tot appèl teen hulle vonnisse by regter Orben Sibeya vra. Die twee is deur Sibeya op 9 Julie verlede jaar, elk effektief sewe jaar tronk toe gestuur. Hulle is skuldig bevind aan handel in dwelms na hulle met 412 kilogram kokaïen ter waarde van 206 miljoen dollar in 2018 by Namport betrap is. Die saak het groot opslae gemaak omdat dit die grootste vonds van dwelms tot op hede in die land was.