Duitsland stem in om Leopard 2-tenks na Oekraïne te stuur
Duitsland het na weke van onwilligheid ingestem om Leopard 2-tenks na Oekraïne te stuur. Kiëf hoop dat die tenks die land ‘n voorsprong sal bied in sy oorlog teen Rusland. Duitse kanselier Olaf Scholz het vroeër vandag tydens ‘n kabinetsvergadering die besluit aangekondig om 14 tenks te stuur, en ander lande toe te laat om tenks te stuur. Amerikaanse President Joe Biden se administrasie sal na verwagting ook planne aankondig om meer wapens te verskaf.