Oortollige krag kan aan Eskom verkoop word

Suid-Afrikaanse besighede en private huishoudings sal dalk nou baie meer gemotiveerd wees om sonkrag-panele by hul huise en besigheidspersele te installeer om krag vir hul eie gebruik op te wek. Dit kom nadat President Cyril Ramaphosa aangekondig het dat daar wysigings aan regulasies gemaak sal word om die rompslomp, wat tans ervaar word met die lisensiëring van die panele, uit te weg te ruim. Nog goeie nuus is dat die besighede en verbruikers dan hul oortollige krag aan Eskom kan verkoop om ‘n ekstra inkomste te genereer. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt..