Namibië het die reg om sy grense te sluit – kenner
Die bekende Suid-Afrikaanse landboukenner, dr. Kobus Laubscher, sê Namibië het ‘n reg om sy grense te sluit vir landbou-invoere om sy bedrywe te beskerm. Sy aanmerkings kom na Suid-Afrikaanse landbouprodusente gesê het die voortgesette groente-invoerbeperkings wat Namibië en Botswana toepas, benadeel hulle ondernemings. Die twee lande het invoerbeperkings op uitgesoekte agronomiese en tuinbougewasse ingestel om sodoende hulle eie gewasbedrywe te ontwikkel. Laubscher sê daar is talle faktore wat oorweeg moet word.