Tekort aan gips by Vrystaatse hospitaalSeptember 12, 2022
Die DA in Gauteng sê die provinsiale LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het erken die vyf maande tekort aan gips by die Thelle Mogoerane-hospitaal in Vosloorus is veroorsaak omdat ‘n verskaffer nie betaal is nie. Die DA-lid, Jack Bloom, sê volgens Mokgethi was daar ‘n vertraging in die vrystelling van die betaling, omdat die finansiële stelsel vir opdatering gesluit was.