Veldbrande: Gratis opleiding vir Khomas volgende weekAugust 19, 2022
Die Khomas-streeksraad bied gratis een-dag brandbestrydingsopleiding aan vir Windhoek se landelike gebiede en bewoners vanaf volgende week Maandag tot Donderdag. Die opleiding word deur die Windhoek Brandweer aangebied. Hulle nooi dan ook boere en hul werknemers in hierdie gebiede uit om die opleiding by te woon. Fabian Hiskia die rampkoördineerder by die Khomas-streekraad het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.