Griep, verkoue of nóg ‘n Covid-vlaag?May 19, 2022
Talle Namibiërs het nou met die begin van die winterseisoen griep of verkoue onder lede. Tydens vandag se aanlynbespreking van die inligtingsministerie, was die onderwerp of Namibië gereed moet maak vir nog ‘n Covid-vlaag. Volgens Emmy Ndevaetela van die gesondheidsministerie is daar rede tot kommer soos Covid-syfers op ‘n daaglikse basis styg.