Uganda sukkel met kommando-wurm

Uganda sê hy gebruik plaagdoders om ‘n uitbreking van Afrika-kommando-wurm te beveg, wat graangewasse verwoes en in 35 distrikte van die land ontdek is. Die land is ‘n belangrike mielieprodusent en voer ‘n groot deel van sy jaarlikse produksie uit na buurlande, insluitend Suid-Soedan, Demokratiese Republiek van die Kongo en Kenia. Vertraagde reën in baie dele van die Oos-Afrikaanse land het gewasaanplanting vir die eerste seisoen van vanjaar teruggestoot, wat beteken dat die meeste gewasse nog jonk is. Daar word bespiegel dat klimaatsverandering waarskynlik die plaag veroorsaak het, aangesien die wurm na Uganda migreer het van lande wat warmer geword het.