Dodetal in Brasilië styg tot 94
Die dodetal ná modderstortings en kitsvloede in Petrópolis in Brasilië het tot 94 gestyg. Video-plasings op sosiale media wys hoe motors en huise deur modder meegesleur word, asook vloedwater wat deur Petrópolos en omringende dele stroom. Volgens die Brasiliaanse Nasionale Rampbestuurseenheid is 24 mense gered en bykans 400 dakloos gelaat. Die land se president, Jair Bolsonaro, het ‘n ramptoestand en drie dae van rou afgekondig.